DÍS DIE REDE VIR LENSINPLANTING TYDENS ’N KATARAKPROSEDURE
n Katarak ontstaan wanneer die natuur- like lens in jou oog met ouderdom hard en vaal word. Die doel van die lens is om onder ideale toestande lig te fokus en sodoende skerp visie toe te laat. Toestande is egter nie altyd so ideaal nie, en dus is sommige mense afhanklik van brille om hul visie te korrigeer. Daar is verskillende redes waarom mense brille of kontaklense gebruik, en al hierdie probleme kan tydens ’n katarakprosedure aangespreek word.
dure aangespreek word. Die primêre doel van ’n katarakprosedure is om ’n persoon se visie te herstel, maar die sekondêre doel is om brilafhanklikheid te verminder. Na die verwydering van die katarak se inhoud, word ’n kunsmatige lens geplaas in die spasie wat geskep is. Die kunsmatige lens is noodsaaklik om jou visie te herstel. Die keuse van die korrekte kunsmatige lens is ook belangrik om jou brilfout te verminder.
Met die standaard kunsmatige lens kan versiendheid sowel as bysiendheid aangespreek word. Astigmatisme kan aangespreek word met ’n toriese lens. Astigmatisme word veroorsaak deur die voorkant van die oog wat die vorm van ’n rugbybal het, en nie rond is soos ’n sokkerbal nie.
Die toriese lens wat tydens ’n katarakprosedure ingeplant word, neutraliseer die rugbybal-voorkoms van die kornea en verminder so jou brilafhanklikheid. Na inplanting van die kunsmatige lens sal jy baie beter kan sien sonder ’n bril, maar jy sal steeds afhanklik van ’n bril wees om te kan lees.
n Multifokale lens bied egter ’n oplossing om die gebruik van ’n bril uit te skakel na die katarakprosedure. Die nuutste multifokale lense bied skerp visie op verskillende afstande: ver, intermediêr en lees.
Die gevolg is dat jy skerp kan sien op al drie die algemene afstande, wat jou toelaat om al jou daaglikse take te kan verrig sonder ’n bril. Vir die optimale funksie van die multifokale lens, moet die voorkant van die oog rond wees. Dus moet enige astigmatisme effektief aangespreek word.
Die nuutste multifokale lens is nou ook beskikbaar in ’n toriese vorm wat enige astigmatisme baie doeltreffend verminder. Die gevolg is dat jou brilfout meer effektief verminder word en ook dat baie meer pasiënte nou gehelp kan word. Met die koms van die toriese multifokale kunsmatige lens kan die meeste pasiënte nou totaal onafhanklik van ’n bril wees na ’n katarakprosedure.
Vir meer inligting, bel gerus die spreekkamers van oftalmoloog dr. Frikkie Hartog by 021 946 1257 of stuur vir hom e-pos na assist@hartog.co.za.