’n Multifokale lens kan tydens ’n katarak operasie in die oog geplaas word om sodoende volkome brilonafhanklikheid te verseker.
Die natuurlike lens van die oog kan van vorm verander om sodoende skerp visie op verskillende afstande te verseker. Die lens is agter die kleur van die oog gelee. Kinders en jong volwassenes kan dus gemaklik klein skrif lees sonder die hulp van ’n bril.
Die situasie verander egter soos mens ouer word. Ons eie natuurlike lens word hard, en in ons veertigs word ons arms te kort om gemaklik te kan lees. Dit word gevolglik nodig om ’n leesbril te gebruik om klein skrif te kan lees, en die situasie vererger geleidelik. Mettertyd word dit ook nodig om ’n bril te gebruik vir intermediere werk, byvoorbeeld rekenaar werk en om ’n selfoon te kan sien. Hierdie verouderings proses word presbiopie genoem.
Gedurende hierdie verhardingsproses van die lens verkleur dit ook en word ’n katarak. ’n Katarak is die ouderdoms verwante verandering wat die natuurlike lens ondergaan om geleidelik dowwer te word. Die gevolg is dat inkomende lig geblok word deur die vaal lens. Dit lei tot algemene klagtes soos swak visie in swak lig, probleme om saans te lees, moeilike motor bestuur snags en verblinding deur aankomende verkeer se ligte. Die klein skrif op die TV skerm word ook ’n probleem.
‘n Katarak word verwyder tydens ’n klein prosedure waartydens ’n plastiese lens daarna ingeplaas word om ’n persoon se helder visie te herstel. Die prosedure word uitgevoer met ’n dun naald deur ’n klein opening van 2 millimeter. ’n Klein opening word in die voorkant van die lens gemaak en die dowwe inhoud uitgespoel. Dit laat ’n lee sakkie agter waarin die nuwe lens geplaas word. Die lens is ongeveer 6 millimeter in diameter en word opgerol en ingespuit deur dieselfde klein 2 millimter opening waardeur die prosedure gedoen is. Die lens ontvou in die oog. Die plastiese lens is veilig, bly permanent in die oog en hoef nooit weer verwyder of vervang te word nie. Die prosedure is veilig en pynloos. Dit neem ongeveer tien minute en slegs lokale verdowing van die oog word toegedien, gevolglik kan die pasient eet voor die prosedure.
Die lens wat ingeplant word tydens die prosedure het die potensiaal om ’n massiewe verskil te maak in die pasient se visie. Meesal word ’n monofokale lens ingeplant. Die monofokale lens laat egter net goeie afstand visie toe en gevolglik moet ’n bril nog gebruik word om te kan lees. Die nuutste tegnologie laat egter die inplanting van ’n multifokale lens toe tydens die prosedure. Die multifokale lens verseker skerp visie op drie afstande. Afstand visie is skerp vir aktiwiteite soos bestuur en TV kyk. Intermediere en naby visie word egter ook verbeter deur die lens en dit verseker skerp visie nie net vir lees nie, maar ook vir aktiwiteiete soos rekenaar werk en om jou gesig in die spieel te kan sien. Hierdie aktiwiteite kan alles gedoen word sonder die gebruik van ’n bril.
Die multifokale lens wat ingeplant word werk nie op dieselfde manier as ’n multifokale bril nie. ’n Brillens verander in sterkte van bo na onder om sodoende goeie visie op verskillende afstande toe te laat. Die lens wat ingeplant word, werk egter met klein prisma ringe wat lig fokus op drie afstande en dus goeie visie toelaat vir alle aktiwiteite.
Die lens wat ingeplant word moet akkuraat uitgewerk word vir elke individuele pasient. Die nuutste laser tegnologie word gebruik om die oog te meet en Dr Hartog gebruik dieselfde lens platform vir die afgelope agt jaar. Die uitkomste van alle prosedures word deur sagteware geaniliseer om die akkuraatheid voortdurend te verbeter. Dit lei tot meer akkurate uitkomste vir alle pasient en ’n massiewe verbetering in die visuele resultate.
Kontak gerus Dr Frikkie Hartog by 021 9461257 of assist@hartog.co.za indien meer inligting verlang word of om ’n afspraak te maak.